Maak dié interessante slaai met sitrusvrugte
4 porsies
BESTANDDELE
2 geel lemoene, geskil
2 rooi lemoene, geskil
1 pomelo, geskil
1 bol vinkel (fennel), fyngekerf
1 rooi-ui, fyngesny
100 g (1 rol) sagte bokmelkkaas
200 g (1 pak) klein gemengde slaaiblare
125 ml (½ k) suiker
100 g (1 pakkie) pekanneute, fyner gekap
knypie paprika
knypie fyn komyn
SOUS
skil en sap van 1 lemoen
60 ml (¼ k) olyfolie
30 ml (2 e) suurlemoensap
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) korrelmosterd
sout en peper
METODE
1 Pak sitrus, vinkel, ui, kaas en slaaiblare op slaaibord.
2 Smelt suiker stadig in kastrol, begin eers roer as meeste kristalle gesmelt is.
3 Wanneer suiker karamelkleurig is, werk vinnig en roer neute, paprika en komyn by.
4 Keer mengsel vinnig op bakpapier uit en laat heeltemal afkoel.
5 Kap karamel effe fyner en strooi oor slaai.
6 Sous Meng alles en gooi oor slaai.
WENK As jy nie vinkel kry nie, kan jy ook seldery gebruik
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.