Soek jy na ’n heerlike, gesonde en maklike gereg wat net minute verg om voor te berei en elke keer in die kol is? Probeer dan gerus hierdie heerlike resep van Justine Drake, geskep om saam met die verfrissende en lewendige Sauvignon Blanc van Two Oceans geniet te word.
Hierdie wyn is vars en elegant, met ’n kombinasie van tropiese vrugtegeure en vars grasagtigheid wat jou mond sal laat smag na nog, terwyl dit ook die perfekte maat is vir die sitrusgeure van die gereg. So, moenie wag nie, skink vir jou ’n glas terwyl die vis in die oond rooster!
Die Two Oceans Sauvignon Blanc 2013 is landwyd beskikbaar en kos sowat R35 per 750ml-bottel.
Bestanddele
4 dik dorado-filette of 1 sy van ’n geelstert
3 tot 4 eetlepels (45 tot 60ml) olyfolie
Sap van 1 suurlemoen
Sap van 2 lemoene
1/2 tot 3/4 koppie (125 tot 183ml) hoenderaftreksel
Seesout en gemaalde peper
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 suurlemoen, in baie dun skywe gesny
2 lemoene, in baie dun skywe gesny
20 kalamata-olywe, ontpit
Handvol gekapte platblaarpietersielie, koljander of origanum
Metode
Voorverhit die oond tot 200°C.
Plaas die vis op ? braaipan.
Meng die olyfolie, lemoen- en suurlemoensap asook die speserye en giet oor die vis.
Wissel die snye lemoen en suurlemoen af en laat hulle oorvleuel om al die vis te dek.
Gooi olywe oor, bedrup met ’n bietjie ekstra olyfolie en bak vir 10 tot 15 minute, afhangende van die dikte van die vis.
As alles bietjie vaal of bleek lyk, plaas die vis onder ’n voorverhitte rooster om vinnig te verbruin.
Strooi kruie oor en bedien op rys.
Bedien 4
OM TE DRINK: Two Oceans Sauvignon Blanc 2013 natuurlik!