Hannetjie Joubert, skrywer van die nuwe kookboek, Só kook mens, was al as die Vleisraad se Braaikoningin gekroon en bestuur haar eie restaurant en spyseniersonderneming van waar sy ook ’n bekende kookskool, Haniki’s Blumin Good Food, bedryf. Hier is haar resep vir sesam-lamsrib:
• Genoeg vir 4 tot 6 porsies
Bestanddele
± 1,2 kg heel lamsrib
Geurmengsel
10 ml (2 t) fyn gemmer
10 ml (2 t) mosterdpoeier
10 ml (2 t) kerrie
10 ml (2 t) bruinsuiker
olie, botter of margarien
sout en varsgemaalde swartpeper
10 ml (2 t) mosterdpoeier
10 ml (2 t) kerrie
10 ml (2 t) bruinsuiker
olie, botter of margarien
sout en varsgemaalde swartpeper
Marinade
30 ml (2 e) sojasous
30 ml (2 e) tamatiesous
30 ml (2 e) soet sjerrie
30 ml (2 e) blatjang
30 ml (2 e) tamatiesous
30 ml (2 e) soet sjerrie
30 ml (2 e) blatjang
Opdiening
30 ml (2 e) sesamsaad, gerooster
Metode
1 Vryf die vleis met die geurmengsel in en verkoel dit ’n uur of twee.
2 Smeer dit met olie, botter of margarien, geur met sout en peper en sit dit in ’n oondpan.
3 Bak dit 45 minute lank onbedek teen 180 °C of tot sag en gaar. Sny die vleis tussen die ribbes deur en plaas dit terug in die pan.
4 Meng die marinadebestanddele en giet dit oor die vleis. Bak dit nog 15 tot 30 minute lank. Plaas dit ’n paar minute onder die oondroosterelement as dit nie lekker taai is nie.
5 Strooi sesamsaad oor en bedien dit met knoffelbrood en slaai.