Ons het altyd dié beskuit by my vriendin Ninette langs die rugbyveld geëet. Dis haar ma, Cecilia, se resep.
ongeveer 60 beskuite
Bestanddele
1 kg (8 k) bruismeel
250 ml (1 k) semels
250 ml (1 k) klapper
250 ml (1 k) sonneblomsaad
250 ml (1 k) suiker
5 ml (1 t) sout
250 g (½ blok) botter
500 ml (2 k) karringmelk
187 ml (¾ k) olie
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Meng bruismeel, semels, klapper, sonneblomsaad, suiker en sout in groot mengbak. 2. Smelt botter in mikrogolfoond. Roer karringmelk en olie by.
3. Roer bottermengsel by meelmengsel tot goed gemeng.
4. Skep deeg in gesmeerde oondpan en bak vir 45 min. Draai oondpan om en bak nog 15 min. of tot goudbruin bo-op.
5. Sny in blokkies en keer uit.
6. Plaas beskuit op bakplate en droog teen 70 °C vir 4 tot 5 uur ui