Geniet ’n luilekker dag van potjiekos met die ideale metgesel: ‘n glasie chardonnay!
’n Seekospotjie vra ’n heerlik, verkoelde witwyn wat so veelsydigheid is dat dit op sy eie geniet kan word terwyl die hout kole word, maar wat terselfdertyd die gereg se oordaad geure kan aanvul. ’n Chardonnay leen hom uitstekend hiertoe, veral Drostdy-Hof s ’n met sy ryk en romerige tekstuur en lieflike tropiese en sitrusgeure. Drostdy-Hof Chardonnay in sy nuwe gewaad verkoop vir sowat R35 en is landwyd by die meeste drankwinkels beskikbaar.
4 tot 6 porsies
Bestanddele
250 ml Drostdy-Hof Chardonnay
450 g gemengde skoongemaakte skulpvis soos mossels en garnale
15 ml olyfolie
2 uie, in blokkies gesny
2 selderystingels, opgekap
1 vinkelbol, in dun skywe gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
30 ml meelblom
250 ml groente- of hoenderaftreksel
Bouquet garni: 6 pietersieliestingels, 2 tiemiestingels en 2 lourierblare, als saamgebind met kombuistou
500 g jong aartappels
sout en gemaalde swartpeper
675 g witvis, ontbeen en in filette gesny
250 ml melk
250 ml room
handvol pietersielie of grasuie, opgekap
Metode
- Maak vuur en sorg dat jy genoeg kole het om die potjie gaar te maak.
- Giet 125 ml Drostdy-Hof Chardonnay in mediumgroot gietysterpotjie en verhit tot dit saggies kook. Plaas mossels en garnale daarin, sit deksel op en stoom vir vyf minute. Garnale is gaar wanneer hulle pienk is. Verwyder enige mossels wat nie oopgemaak het nie. Haal uit potjie en hou vloeistof vir gebruik later.
- Verhit olie in potjie en braai uie, seldery, vinkel en knoffel liggies tot sag . Roer meelblom by en braai vir drie minute. Voeg oorblywende 125ml wyn stadig by en roer terwyl jy dit doen. Verhit tot dit saggies kook.
- Voeg nou aftreksel, bouquet garni en jong aartappels by. Voeg sout en swart peper na smaak by.
- Voeg vis, melk en room by sodra aartappels sag is. Prut vir vyf minute en plaas skulpvis asook die vloeistof wat jy uitgehou het terug en roer.
- Bring potjie weer tot prut en verwyder dan van hitte. Voeg sout en peper by na smaak asook opgekapte pietersielie. Bedien met brood vars uit oond en ’n glas verkoelde Drostdy-Hof Chardonnay.
Meer inligting
Besoek www.drostdyhof.com/za vir meer oor die handelsmerk.
Volg Drostdy-Hof op Facebook (www.facebook.com/DHWines) en Twitter (www.twitter.com/DrostdyHofSA).