Sjef Genghis San, hoof uitvoerende sjef by die nuwe Protea Hotel Fire & Ice! in Menlyn se resep vir Seekos- en hoender-paella
Bestanddele
4 garnale, ontskulp, koppe aan
60 g dwerggarnale
80 g hoenderfilette, in blokkies gesny
70 g mossels, skoongemaak
80 g gemengde pepers, fyngekap
80 g uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 teelepels borrie
1 koppie basmatirys, voorafgekook
½ glas witwyn
20 g vars koljander
4 garnale, ontskulp, koppe aan
60 g dwerggarnale
80 g hoenderfilette, in blokkies gesny
70 g mossels, skoongemaak
80 g gemengde pepers, fyngekap
80 g uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 teelepels borrie
1 koppie basmatirys, voorafgekook
½ glas witwyn
20 g vars koljander
Metode
1 Braai die uie, knoffel en pepers tot sag. Voeg die seekos by en braai tot sag.
2 Gooi die witwyn by en laat wegprut tot die helfte van die vloeistof oorbly.
3 Gooi die borrie en voorafgekookte rys by.
4 In ’n aparte pan, braai die hoenderstukkies tot goudbruin en maak verder in die oond gaar.
5 Voeg by die gekookte seekosmengsel en skep op en garneer met fyngesnyde pepers en koljander.