Dié warm poeding met Sedgwick’s Original Old Brown is net wat jy nodig het om die winterkoue te verslaan
Sedgwick’s Original Old Brown is nie net ’n drankie nie. Hierdie winter kan jy sy warmte ook in die kombuis ervaar met Sedgwick’s se klewerige poeding. Hierdie eenvoudige nagereg sal almal beïndruk. Die geheim is die Sedgwick’s wat by die sous gevoeg word en ’n uitlokkende en oorspronklike smaak skep.
Wees slaggereed vir die koue maande met ’n bottel Sedgwick’s Original Old Brown wat landwyd by drankwinkels beskikbaar is teen sowat R28.
BESTANDDELE
• Bedien 4
310 ml koekmeelblom
10 ml koeksoda
1 ml sout
2 eiers
250 ml strooisuiker
30 ml botter
125 ml karringmelk
15 ml appelkooskonfyt
2,5 ml gerasperde lemoenskil
60 ml lemoensap
15 ml asyn
Sous
125 ml botter
125 ml sagte bruinsuiker
125 ml Sedgwick’s Original Old Brown
125 ml room
METODE
• Stel oond op 180°C.
1 Smeer 6 ramekins van ongeveer 125 ml groot met botter.
2 Sif meel, koeksoda en sout.
3 Klits eiers en suiker saam in ander bak tot tekstuur lig en donserig is.
4 Verhit botter, karringmelk, appelkooskonfyt, gerasperde lemoenskil, lemoensap en asyn vir paar sekondes saam in mikrogolf tot botter gesmelt het.
5 Vou meelmengsel eers in eiermengsel en dan in bottermengsel, meng deeglik maar moet dit nie oordoen nie. Gooi mengsel in voorbereide vormbakkies tot driewart vol en plaas in oondbak. Bak vir 20 tot 30 minute.
6 Sous Kombineer al die bestanddele van sous in klein kastrol en kook tot suiker gesmelt het.