Moenie jou bottel Sedgwick’s Original Old Brown vir die winter hou nie, maak ‘n verfrissende skemerkelkie daarmee.
Vir 1 Sedgwick’s Lane-skemerkelkie
Bestanddele
50 ml Sedgwick’s Original Old Brown
30 ml (2 e) lemoensap
50 ml rooibosbessiesap (cranberry juice)
2 druppels Bitters
Metode
- Voeg al die bestanddele in ’n menger bymekaar en gooi oor ys in ’n sif.
- Voeg ’n straaltjie grenadine-stroop by en bedien met ’n paar aarbei- en lemoenskyfies.
Die Sedgwick’s Lane-skemerkelkie is ’n variasie op die baie bekende Sherry Cobbler, die gewildste drankie wat in die 19de eeu in die VK en VSA bedien is. In 1830 is dit die “beste drankerige uitvinding van die oomblik” genoem. Dis ’n wonderlike manier om die somer te geniet. Dié skemerkelkie se naam verwys na die straat waar kapt. James Sedgwick sy eerste drankwinkel in 1853 geopen het, en wat jare lank as Sedgwick Lane bekend was. Die resep hier onder is vir een glas, maar ’n mens kan dit maklik in ’n beker dubbel maak.