Schnitzel is baie se gunsteling. Hierdie schnitzel met bruinsampioensous sal jou laat terugkom vir meer
4 porsies
BESTANDDELE
SOUS
250 g (1 pakkie) sampioene, gekap
30 ml (2 e) botter
1 ℓ (4 k) bruinaftreksel
250 ml (1 k) room
SCHNITZEL
500 g (4 stukke) vark-minute steaks
125 ml (½ k) koekmeel
2 eiers, geklits
30 ml (2 e) melk
180 ml (2/3 k) broodkrummels
METODE
1 Sous Braai sampioene in botter tot sag en gaar.
2 Gooi aftreksel by en laat kook tot helfte verdamp en dit effe dikker word.
3 Gooi room by en laat verder kook tot dik. Geur met sout en peper.
4 Schnitzel Kap varkstukke effe platter as dit te dik is. Dit moet min of meer ’n ½ cm dik wees.
5 Rol in koekmeel. Klits eiers en melk saam en rol vleis daarin.
6 Rol laastens in broodkrummels.
7 Braai in vlak olie tot goudbruin en gaar aan albei kante.
8 Sit saam met sampioensous voor.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.