Hierdie sardienpatee is sag en geurig en proe heerlik op Melba-roosterbrood
8 porsies
Bestanddele
bietjie olie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
1 25 g (1 blikkie) sardiens in water, gedreineer
sout en peper na smaak
250 g (1 bakkie) laevetroomkaas
8 pikantrissies (peppadews), fyngekap
5 ml (1 t) suurlemoensap
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
Metode
- Verhit olie en soteer uie en knoffel tot sag.
- Dreineer en vlok sardiens. Roer by uie. Geur met sout en peper. Verwyder van hitte.
- Voeg oorblywende bestanddele by en sit saam met soutkoekies of broodjies voor.