Die talentvolle aktrise Sandi Schultz deel haar resep vir ’n vegetariese botterskorsie-dis
“Daar is sekere disse wat ek geniet om te kook. Ek hou van vars bestanddele (en organies) indien moontlik. “ Sandi hou van seekos, vars groente en vrugte, neute en hoenderkerrie en sy het gewoonlik quinoa en klappermelk in haar koskas. Haar ma se hoenderkerrie en haar ouma se sagopoeding is die geregte wat haar altyd na haar kinderdae terugvat. Sy koop groente wat reeds geskil en gekap is, dan hoef jy dit nie self te doen nie!
Klik hier vir die Engelse resep
Bestanddele
6 porsies
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
Bietjie klapperolie of olie
15 ml (1 e) kerriepoeier of Amina’s-hoenderkerriepasta
2,5 ml (1/2 t) fyn komyn
2,5 ml (1/2 t) fyn droë koljander
5 ml (1 t) tamatiepasta
2 middelslag-botterskorsies, geskil en in blokkies gesny
410 g (1 blik) gekapte tamaties
1 groot soetpatat, geskil en in blokkies gesny
410 g (1 blik) kekerertjies, gedreineer
400 ml (1 blik) klappermelk
30 ml (2e) groenteaftreksel of Nature’s Choice-groenteaftreksel
Ongeveer 250 ml (1 k) water
Vars koljander (opsioneel) vir garnering
LEES OOK: Tamatiesop
Metode
- Soteer ui en knoffel in klapperolie (of olie) tot sag.
- Voeg kerrie, komyn, koljander en tamatiepasta by en kook vir 1 minuut.
- Voeg botterskorsie by en roer tot goed bedek met speserye.
- Voeg tamaties by en kook vir nog 1 minuut.
- Voeg soetpatat en kekerertjies by en roer sodat alles bedek is.
- Voeg klappermelk by en meng goed.
- Voeg aftreksel en water by sodat dit bestanddele bedek.
- Draai stoofpatat se hitte laer en laat kook tot groente sag is en water geabsorbeer is. Roer af en toe.
- Sit warm voor.
Wenk:
Quinoa smaak lekker hierby