Maak ’n heerlike warm ete vir koestertye om die tafel
• 6 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
knypie droë gemengde kruie
500 g (250 g x 2 pakkies) sampioene, gekerf
125 ml (½ k) sjerrie
45 ml (3 e) koekmeel
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
375 ml (1½ k) volroommelk
1 ml sout
knypie peper
1 Verhit olie en soteer ui en kruie tot ui sag is.
2 Voeg sampioene by en soteer tot gaar.
3 Voeg sjerrie by en soteer vir 3 minute.
4 Roer koekmeel by tot gemeng. Voeg bietjies hoenderaftreksel op ‘n slag by terwyl dit geroer word sodat dit nie klonte vorm nie.
5 Verwyder van hitte sodat sop bietjie kan afkoel.
6 Verpulp bietjies op ‘n slag in versapper tot sop glad is. Giet gladde sop terug in voedselverwerker.
7 Voeg melk, sout en peper by. Verhit tot deurwarm.
8 Sit warm voor.
Wenk Voeg nog water of melk by as jy ’n dunner sop verkies