Sampioene is beslis die nuwe superkos. Probeer die lekker sampioenslaai
4 porsies
Bestanddele
Rys
bietjie olie
1 rooi ui, in fyn wiggies gesny
125 ml (½ k) bosbessies
handvol vars pietersielie, gekap
100 g (1 pakkie) pekanneute, grofgekap
handvol amandelvlokkies
2 grasuie, gekap
500 ml (2 k) gaar wilderys
Sampioene
klont botter
5 00 g (2x 250 g-pakkies) sampioene, gehalveer
sout en peper na smaak
LEES OOK: SPEK-EN-SAMPIOENRISOTTO
Metode
- Rys Verhit olie en soteer ui tot amper sag. Voeg bosbessies, pietersielie, neute en amandels by. Roerbraai bietjie. Verwyder van hitte.
- Roer grasuie en wilderys by bosbessiemengsel. Hou rys warm.
- Sampioene Smelt botter en soteer sampioene tot gaar. Geur na smaak met sout en peper.
- Sit warm sampioene saam met warm rys voor.