Maak hierdie maklike sampioenpasta vir vleislose Maandag!
4 porsies
Bestanddele
500 g (1 pak) volgraanpennepasta
5 ml (1 t) sout
10 ml (2 t) olie
Sampioensous
bietjie olie
2 preie, in skyfies gesny
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
5 00 g (2 x 250 g-pakkies)
sampioene, in skyfies gesny
sout en peper na smaak
10 ml (2 t) koekmeel
250 ml (1 k) room
gerasperde parmesaankaas, gerasper (opsioneel)
LEES OOK: Spek-sampioen-en-blomkool-pasta
Metode
- Verhit water in kastrol tot kookpunt. Roer sout en olie by.
- Voeg pasta by en kook tot al dente, ongeveer 10 minute. Dreineer en roer ekstra olie deur. Bedek en hou eenkant.
- Sampioensous Verhit olie en soteer preie en knoffel tot sag. Voeg sampioene by en soteer tot sag. Roer sout, peper en koekmeel by.
- Voeg room by en prut tot dik oor matige hitte.
- Skep sampioensous oor pasta.
- Sit saam met parmesaan voor indien verkies.