Maak hierdie lekker sampioengevulde varkfilet
4 porsies
Bestanddele
VULSEL
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
1 25 g (½ pakkie) sampioene, grofgekap
knypie gedroogde brandrissievlokkies
VLEIS
500 g varkfilet
sout en peper na smaak
250 g (1 pakkie) streepspek
bietjie olie
Stel oond op 180 °C.
Metode
- Vulsel Verhit olie en soteer ui, knoffel en kruie daarin tot sag.
- Voeg sampioene en brandrissie by. Soteer tot sampioene sag is.
- Vleis Sny filet horisontaal in helfte tot amper deur.
- Plaas sampioenvulsel binne-in en maak weer toe.
- Plaas spekrepe op bakplaat sodat dit effens oorvleuel. Plaas filet in middel bo-op en vou spekrepe bo-oor.
- Draai filet om op bakplaat. Smeer bietjie olie bo-oor.
- Bedek filet met foelie en bak vir 25 minute tot gaar.
- Verwyder foelie en rooster onder oondelement tot goudbruin bo-op.