Sampioene is beslis die nuwe supergroente
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS assistent SUZANNE CROZIER Foto’s ANDREA CALDWELL; bykomstighede van Poetry en Woolworths
• 6 porsies
BESTANDDELE
6 groot plat sampioene
VULSEL
bietjie olie
1 ui, fyn gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
knypie droë pietersielie
125 g (½ pakkie) spek, gekap
knypie rooipeper
6 skywe mozzarellakaas
125 g (½ bakkie) roomkaas
sout en swartpeper na smaak
3 grasuie, fyn gekap
mikroblaartjies (opsioneel)
BESTANDDELE
6 groot plat sampioene
VULSEL
bietjie olie
1 ui, fyn gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
knypie droë pietersielie
125 g (½ pakkie) spek, gekap
knypie rooipeper
6 skywe mozzarellakaas
125 g (½ bakkie) roomkaas
sout en swartpeper na smaak
3 grasuie, fyn gekap
mikroblaartjies (opsioneel)
• Stel oond op 180 °C.
METODE
1 Sny steeltjies van sampioene af sodat sampioen plat is. Vryf vuiligheid met klam vadoek af.
2 Plaas sampioene in vlak oondbak wat met bakpapier uitgevoer is, met ronde kante na onder.
3 Vulsel Verhit bietjie olie en soteer ui en knoffel tot sag. Voeg sampioene se steeltjies wat fyner gekap is by en soteer nog bietjie.
4 Voeg pietersielie en spek by en soteer tot gaar. Roer bietjie rooipeper by.
5 Skep spekmengsel bo-op groot sampioene. Plaas skyfies mozzarellakaas bo-op elke sampioen.
6 Meng roomkaas, sout, peper en grasuie en verdeel tussen sampioene.
7 Bedek met foelie en bak vir 20 minute.
8 Sit warm saam met vars gemaalde swartpeper en mikroblaartjies voor.