Maak lekker sampioen-en-neut-gnocchi vir aandete
2 porsies
Bestanddele
5 0 g (½ pakkie) pekanneute, grofgekap
500 g vars aartappelgnocchi
bietjie olie
½ ui, gekap
knypie fyn knoffel
5 ml (1 t) gemengde kruie
1 25 g (½ pak) bruinsampioene, in skyfies gesny
1 25 g (½ pak) knopiesampioene, in skyfies gesny
1 25 g (½ pak) repies spek, in blokkies gesny
125 ml (½ k) room
1 sirkel fetakaas
Metode
- Rooster neute in droë pan tot ligbruin.
- Kook gnocchi in borrelende soutwater tot dit na oppervlakte dryf. Dreineer en spoel met koue water af.
- Verhit olie en braai ui, knoffel en kruie tot ui sag is. Voeg sampioene en spek by en braai verder.
- Gooi room by sampioenmengsel en kook tot effe dikker.
- Gooi sous oor gekookte gnocchi en sprinkel met kaas en neute.
Wenk
Gnocchi is gaar wanneer dit bo-op die water begin dryf