Maak ’n lekker warm sagopoeding wat jy voor die kaggelvuur kan verorber
Deur MARELI VISSER
1 poeding
Bestanddele
250 ml (1 k) sago
1 ℓ (4 k) volroommelk
60 ml (1/4 k) suiker
60 ml (1/4 k) botter
1,25 ml (1/4 t) sout
4 groot eiers, geskei
5 ml (1 t) vanieljegeursel
90 ml (6 e) appelkooskonfyt
80 ml (1/3 k) strooisuiker
Metode
Verhit oond tot 180 °C en berei oondbak voor deur dit met botter te smeer.
- Laat sago vir ’n uur in koue water week en dreineer.
- Kook melk, suiker, botter en sout saam.
- Voeg sago by en kook oor stadige hitte tot deurskynend en sag, roer gereeld.
- Laat effens afkoel en meng geklitste eiergele en vanieljegeursel by.
- Skep mengsel in oondbak en bak vir 30 minute.
- Bedruip poeding met appelkooskonfyt.
- Klits eierwitte en strooisuiker tot stywepuntstadium en smeer bo-op.
- Bak vir 20 minute tot goudbruin en gaar.
Wenk
Sif mielieblom (Maizena) liggies oor poeding voor jy die eierwitte oorsmeer.