ongeveer 36 koekies
Bestanddele
125 g (¼ blok) sagte botter
30 ml (2 e) gouestroop
1 eier
5 ml (1 t) koeksoda
30 ml (2 e) warm melk
2,5 ml (½ t) vanielje
187 ml (¾ k) hawermout
375 ml (1½ k) koekmeel
250 ml (1 k) strooisuiker
45 ml (3 e) sesamsaad
45 ml (3 e) papawersaad
75 ml (5 e) sonneblomsaad
knypie sout
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Room botter en stroop tot liggeel. Klits eier by.
2. Meng koeksoda en warm melk. (Dit sal bruis). Voeg vanielje by.
3. Roer koeksodamengsel by bottermengsel.
4. Meng hawermout, koekmeel, strooisuiker, sade en sout in groot mengbak.
5. Meng meelmengsel goed by bottermengsel tot deeg vorm.
6. Rol deeg in balletjies en plaas op bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Druk effens platter op bokant.
7. Bak vir 15 tot 18 min. of tot net goudbruin bo-op.
8. Laat effens op bakplaat afkoel en dan verder op afkoelrakkie tot heeltemal koud.