Lewer 1 liter
Bestanddele
450 g pitlose rosyne
60 ml donker rum
5 ml rumgeursel
1 blikkie (380 g) ingedampte melk
1 blikkie (385 g) kondensmelk
500 ml vars room, geklop
Metode
- Week die rosyne in ’n mengsel van die rum, geursel en ingedampte melk. Plaas dit oornag in die yskas.
- Skep die helfte van die rosyne uit, dreineer en hou eenkant. Verwerk die res van die rosyne en ingedampte melk in ’n voedselverwerker tot fyngekap.
- Giet die kondensmelk in ’n mengbak en roer die fyngekapte rosynemengsel daarby in. Vou dan die geklopte room versigtig in.
- Voer die boom en kante van ’n diep, ronde plastiekhouer met bakpapier of kleefplastiek uit.
- Giet die roomysmengsel daarin en maak dig toe. Vries tot halfsag.
- Roer die heel rosyne deur die halfsagte roomys en vries tot heeltemal gestol en hard.
- Ontdooi vir sowat 10 minute voor jy dit voorsit.
- Keer dit uit op ’n dienbord en trek die bakpapier of kleefplastiek af.