Berderf jou gesin Paasoggend met hierdie maklike rosyntjiebrood met Paasbolletjiegeure. Bedien dit warm uit die oond met plaasbotter
2 broodjies
Bestanddele
875 ml (3½ k) witbroodmeel
45 ml (3 e) strooisuiker
5 ml (1 t) gemengde speserye
5 ml (1 t) kaneel
5 ml (1 t) sout
1 lemoenskil, fyngerasper
1 pakkie kitsgis
80 ml (1/3 k) gesmelte botter
250 ml (1 k) louwarm melk
1 groot eier
250 g pakkie vrugtekoekmengsel
GLASUURSEL
60 ml (¼ k) melk
60 ml (¼ k) suiker
Metode
Verhit oond tot 180 °C en smeer twee broodpanne van 10 cm x 25 cm met botter.
- Meng meel, strooisuiker, gemengde speserye, kaneel, sout, lemoenskil en gis.
- Meng botter, melk en eier.
- Voeg eiermengsel by meelmengsel en knie vir 10 minute tot glad en elasties. Bedek met kleefplastiek en laat rys tot dubbelvolume.
- Voeg vrugtekoekmengsel by en knie in deeg in.
- Vorm twee brode en laat rys in panne tot dubbelvolume.
- Bak vir 35 minute tot goudbruin en gaar.
- Glasuursel Verhit melk en suiker saam tot kookpunt en laat kook vir twee minute. Verf glasuursel oor warm brood sodra dit uit oond kom.