Maak hierdie rösti met spinasie en geposjeerde eier of sonder dit!
4 porsies
Bestanddele
2 groot aartappels
30 ml (2 e) gesmelte botter
sout en peper
150 g (½ pak) babaspinasie
4 sag geposjeerde eiers
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Kook aartappels tot amper sag. Laat effe afkoel en rasper grof. Meng aartappel, botter, sout en peper.
- Verhit bietjie olie en braai spinasie tot sag. Geur met sout en peper.
- Druk aartappelmengsel goed op bodem en rande van muffinpan vas.
- Skep eetlepel vol van spinasie binne-in, gevolg deur eier en dan weer bietjie van spinasie tot muffinkoppie amper vol is.
- Sprinkel nog aartappelmengsel bo-op.
- Bak vir 20–30 minute of tot aartappel goudbruin is.