Hierdie resep is al drie generasies in ons kosredakteur, Suzanne Crozier, se familie en sy sê dit is beslis haar gunsteling!
4 porsies
Bestanddele
600 g (8 stukke) kitssteaks (minute steaks)
125 ml (½ k) koekmeel
bietjie botter om in te braai
250 ml (1 k) botter
steak & tjop-speserye
30 ml (2 e) olie
4 uie, in halfmaanringetjies gesny
5 ml (1 t) fyn knoffel
Metode
Stel oond op 150 ˚C.
- Rol vleis in meel en braai in bietjie botter tot gaar en bruin.
- Sprinkel met speserye. Haal uit en hou eenkant.
- Smelt botter en olie in pan en braai uie tot sag.
- Plaas lagie uie in oondbak, sit vleis boop, gevolg deur res van uie.
- Bak vir 45–60 minute of tot vleis sag is.
- Bedien met vars brood of krummelpap.
Wenk
Gebruik regte botter vir die resep