ongeveer 750 ml konfyt
Bestanddele
500 g donkerrooi roosblare
500 ml (2 k) water
500 ml (2 k) witsuiker
45 ml (3 e) suurlemoensap
15 ml (1 e) rooswater
Metode
- Voeg water by roosblare in kastrol. Prut tot sag.
- Verwyder van hitte.
- Roer suiker en suurlemoensap by en roer tot suiker opgelos is.
- Plaas kastrol terug op stoof en kook oor matige hitte vir ongeveer 40 min. Roer gedurig.
- Voeg rooswater by en kook nog 5 min.
- Skep klein bietjie konfyt op metaalwasbak. As dit ’n balletjie vorm en so bly is die konfyt reg, anders moet dit nog bietjie kook.
- Laat konfyt bietjie afkoel en skep in gesteriliseerde botteltjies.