Rooi fluweel is alombekend in koekkringe, maar hierdie unieke pannekoeke is heerlik met die effe suur roomkaasvulsel
20 pannekoeke
Bestanddele
3 eiers
180 ml olie
30 ml (2 e) witasyn
800 ml water
700 ml (375 g) koekmeel
2,5 ml (½ t) sout
2,5 ml (½ t) koeksoda
15 ml (1 e) bakpoeier
5 ml (1 t) kakao
rooi jellie-koekkleursel
olie vir bak
VULSEL
1 houer (230 g) roomkaas
1 suurlemoen se skil, fyngerasper
500 ml (2 k) room
60 ml (30 g) versiersuiker
sjokoladeganache
aarbeie
Metode
- Klits eiers, olie, asyn en water saam.
- Sif meel, sout, koeksoda, bakpoeier en kakao.
- Voeg meelmengsel geleidelik by vloeistof terwyl jy voortdurend roer.
- Kleur met koekkleursel tot bloedrooi.
- Verhit pannekoekpan met olie gesmeer en bak oor matige hitte.
- Vulsel Room roomkaas en suurlemoenskil.
- Klits room en versiersuiker styf en klop roomkaas by.
- Spuit vulsel op pannekoeke en rol op.
- Bedien met sjokoladeganache en aarbeie.