Chantel Dartnall se resep vir rooibostamatietee-consomméjellie met ’n kruievinaigrette
Bestanddele vir consommé:
8 groot ryp Italiaanse tamaties in blokkies gesny
bruin suiker na smaak
Maldonsout na smaak
1 loerierblaar
1 groot bos basilie
1 takkie roosmaryn
1 takkie vars dragon
1 sitroengras-stam
4 rooibosteesakkies
3,5 liter koue water
100 ml wit balsamiese asyn
10 velletjies gelatienblare
Bestanddele vir die vinaigrette:
¼ koppie gekapte platblaarpietersielie
1/4 koppie vars dragon
1/4 koppie vars vinkel
10 groot basilieblare
1 uitgedrukte suurlemoen en -skil
¼ koppie goeie kwaliteit wit balsamiese asyn
1½ teelepels heuning
¾ koppie goeie olyfolie
koshersout en varsgemaalde swartpeper
Metode (consommé)
1 Sit al die bestanddele in ’n pot en kook. Laat prut die tamatietee vir ongeveer 20 minute en druk dan deur ’n dun moesseliendoek (ongeveer 2 liter aftreksel). Hou een liter agter om as jou tee te bedien. Sit die gelatienblare in koue water om effe sagter te word. Verhit die ander liter aftreksel en roer die blare daarin tot heeltemal opgelos.
2 Gooi die mengsel deur ’n sif in jou gekose bakkies en garneer met vars, eetbare blare en blommetjies. 3 3 Bedek en verkoel in die yskas vir ten minste vier ure. Bedien met die vinaigrette.
Metode om die vinaigrette te maak
Voeg al die bestanddele in ’n verkoelde mengerbeker en meng saam. Gooi deur ’n sif en verkoel tot opdiening.