Jy hoef nie vanaand oor aandete kop te krap nie. Hier is ‘n heerlike resep vir romerige varkvleis
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Assistent SUZANNE CROZIER
Bestanddele
4 tot 6 porsies
7 00 g varkvleis of varkfilet, in repe gesny
60 ml (4 e) koekmeel
knypie sout en peper
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
2,5 ml (½ t) paprika
genoeg olie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) knoffel, gekap
2 50 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
375 ml (1½ k) groente-aftreksel
15 ml (1 e) worcestersous
60 ml (4 e) tamatiepasta
250 ml
(1 k) room
LEES OOK: Maak hierdie soutsuur varkvleisblokkies
Metode
- Sit varkvleis, koekmeel, sout, peper, kruie en paprika in plastieksakkie. Knoop toe en skud tot vleis goed bedek is.
- Verhit olie en braai vleis tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.
- Verhit nog olie indien nodig en soteer uie en knoffel tot uie sag is. Voeg sampioene by en soteer nog bietjie.
- Skep vleis terug. Voeg groenteaftreksel, worcestersous en tamatiepasta by. Plaas deksel op en prut vir 20 minute oor matige hitte.
- Roer room by, prut nog drie minute tot deurwarm en sit warm voor soos verkies. Vir ’n dunner sous kan bietjie melk bygevoeg word.