Vergeet van duur restaurant kos, jy kan selfs lekkerder by die huis eet aan hierdie ryk winterkos
• 12 porsies vir voorgereg
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
1 selderystingel, fyngekap
20 ml (4 t) matige kerriepoeier
820 g (2 x 410 g-blikke) perskeskywe
1 hoenderaftrekselblokkie
2 ml sout
30 ml (2 e) ligte bruinsuiker
1 ml fyn gemmer
20 ml (4 t) mielieblom
60 ml (4 e) water
250 ml (1 k) melk
250 ml (1 k) laevetroom
Metode
1 Verhit olie en soteer ui, knoffel en seldery tot ui sag is.
2 Voeg kerriepoeier by en soteer nog 2 minute.
3 Verhit perskes met stroop, hoenderaftrekselblokkie, sout, bruinsuiker en gemmer tot kookpunt.
4 Maak mielieblom met water tot gladde pasta aan en roer by perskemengsel.
5 Wanneer sop begin borrel, draai hitte laer en laat prut vir 15 minute oor lae hitte. Verwyder van hitte en laat bietjie afkoel.
6 Verpulp sop bietjies-bietjies in voedselverwerker tot glad. Gooi terug in kastrol.
7 Roer melk en room by, verhit tot deurwarm en sit voor.
Wenke Voeg nog melk of water by as jy ’n dunner sop verkies.