Nooi die kinders kombuis toe waar hulle ’n ou gunsteling soos macaroni-en-kaas aanmekaar kan slaan
4 porsies
BESTANDDELE
500 g (1 pak) elmboogmacaroni
1,25 ℓ (5 k) melk
1 ℓ (4 k) water
10 ml hoenderaftrekselpoeier
500 ml cheddarkaas, gerasper
METODE
1 Meng melk, water en aftrekselpoeier in kastrol. Bring tot kookpunt.
2 Gooi macaroni in melkmengsel en kook tot sag. Skakel stoof af.
3 Gooi kaas by en roer tot goed gemeng.
WENK Jy kan nog kaas bo-oor strooi en dit in die oond laat smelt
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.