Bederf jou gaste met dié romerige hoenderlewers
Soek jy meer vleisgeregte? Klik hier
• 4 porsies
Hoenderlewers
500 g (2 bakkies van 250 g) gevriesde hoenderlewers
knypie sout
knypie peper
bietjie olie
30 ml (2 e) koekmeel
Sous
60 ml (4 e) botter
2 uie, gekap
10 ml (2 t) vars gekapte knoffel
125 g (½ pakkie) sampioene, in skyfies
2,5 ml (½ t) gedroogde pietersielie
125 ml (½ k) witwyn
410 g (1 blik) gekapte tamaties
10 ml (2 t) suiker
2,5 ml (½ t) sout
knypie peper
250 ml (1 k) room
125 ml (½ k) volroommelk
Metode
1 Hoenderlewers Ontvries hoenderlewers en was tot goed skoon. Sprinkel sout en peper oor.
2 Verhit bietjie olie en soteer hoenderlewers tot gaar.
3 Roer koekmeel by en verwyder van hitte.
4 Sous Smelt botter in kastrol en soteer uie, knoffel en pietersielie daarin tot ui sag is.
5 Voeg sampioene by en soteer tot sag.
6 Voeg witwyn en tamaties by. Laat prut oor lae hitte vir 15 minute om van die vloeistof af te kook.
7 Skep gebraaide hoenderlewers, suiker, sout, peper, room en melk by en laat vir nog 5 minute prut tot sous verdik en goed warm is.
8 Sit warm op koeskoes voor.