Sanger Kevin Leo geniet dit om te kook en veral om in die kombuis te kuier. Hy deel sy resep vir ‘n romerige hoender-aspersie-en- witwyn-pasta met ons.
“As ek kook, wil ek ’n ‘event’ daarvan maak. Ek wil kuier en wyn drink. Ek is mal oor geregte wat in wyn gemaak word. Ek eet graag hoender, pasta en brood.” Sy gunstelingbestanddele is wyn, knoffel, swartpeper en brandrissies.
Romerige hoender-aspersie-en- witwyn-pasta
6 porsies
500 g (1 pak) Linguette al Basilico e Aglio-pasta (linguini)
30 ml (2 e) olyfolie
5 ml (1 t) sout
ROOMHOENDER
30 ml (2 e) olyfolie
15 ml (1 e) botter
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
knypie paprika
1 kg hoenderfilette, in klein blokkies
gesny
250 ml (1 k) room
410 g (1 blik) aspersiestukkies, gedreineer
250 ml (1 k) witwyn
60 g (1 pakkie) wituiesoppoeier
1 0 ml (2 t) Ina Paarman-hoendergeurselpoeier
knypie swartpeper
- Kook pasta in borrelende kookwater waarby 5 ml (1 t) olyfolie en sout gevoeg is.
- Kook pasta tot al dente. Dreineer en roer oorblywende 25 ml (5 t) olyfolie deur pasta.
- Bedek en hou warm.
- Roomhoender Verhit olyfolie en botter saam in braaipan.
- Soteer ui, knoffel en paprika tot ui sag is.
- Voeg hoenderblokkies by en soteer tot gaar.
- Voeg room by en prut vir paar minute oor matige hitte.
- Voeg aspersies, witwyn, soppoeier en hoendergeursel by en prut tot sous verdik.
- Voeg swartpeper by.
- Skep porsiegrootte pasta in elke bord en skep roomhoender bo-oor.