Hierdie romerige blomkoolsop is heerlik soos die dae kouer word
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
1 prei, in skyfies gesny
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
1 ℓ water
2 hoenderaftrekselblokkies
4 middelslag-aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 kop blomkool, in blommetjies gebreek
250 ml (1 k) room
5 ml (1 t) suurlemoensap
sout en peper na smaak
MAAK OOK: Spek-en-tamatie-sop
Metode
- Verhit olie en soteer uie, preie en knoffel tot sag.
- Voeg water, aftrekselblokkies en aartappels by uimengsel.
- Verhit tot kookpunt. Wanneer vloeistof begin borrel, draai hitte laer en prut vir 10 minute oor matige hitte.
- Gooi blomkool by en prut 30 minute oor matige hitte tot sag.
- Verpulp tot glad.
- Giet sop terug in kastrol. Roer room, suurlemoensap, sout en peper by.
- Verhit tot warm, maar nie kokend nie.
- Sit warm voor.