Maak dié resep van sjef Robert Gumede wat ‘n ware passie vir die bedryf het.
Deur Maryke Roberts
Bestanddele
150 g vis
10 g cayennepeper
15 g gemmer
15 g knoffel
10 ml (2 t) sojasous
10 ml (2 t) suurlemoensap
10 ml (2 t) oestersous
15 g vars brandrissie, gekap
sout en peper na smaak
1 eier
35 g meel
15 ml (1 e) olyfolie
SOUS
10 ml (2 t) heuning
5 ml (1 t) sojasous
10 g suiker
5 ml (1 t) suurlemoensap
30 ml (2 e) olyfolie
10 ml (2 t) witwynasyn
OPDIENING
30 g roketblare
25 g kersietamaties
Metode
- Verwyder vis se vel en grate en sny in groterige blokke.
- Sit vis in mengbak en voeg cayennepeper, gemmer, knoffel, sojasous, suurlemoensap, oestersous en brandrissie by.
- Geur na smaak met sout en peper.
- Roer eier in en maak groterige balletjies met jou hande.
- Besprinkel met meel en braai vir 2-3 minute in warm olyfolie in pan.
- Sit in voorverhitte oond teen 180 ºC vir 3 minute.
- Sous Meng sousbestanddele tot dit goed bind. Doop tamaties in sous en haal uit.
- Opdiening Stapel viskoekies op mekaar, sit roket bo-op, tamaties teen die kant en gooi sous net voor bediening oor.
Dish-restaurant is in Palm Boulevard 8, New Town-sentrum, Umhlanga Ridge, 031 581 8000, www.royal-palm.co.za