Deur Marlo Kitshoff-Carstens. Assistent: Suzanne Crozier.
Dié resep lewer 36 muffins.
Bestanddele
3 rooibosteesakkies
560 ml (2 ¼ k) volroommelk
3 ekstragroot eiers
250ml (1 k) ligte bruinsuiker
166 ml (2/3 k) olie
5 ml (1 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) volkoringmeel
375 ml (1 ½ k) semels
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) gemengde speserye
5 ml (1 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) sout
10 ml (2 t) koeksoda
250 ml (1 k) sultanas
100 g (1 pakkie) pekanneute, grof gekap
560 ml (2 ¼ k) volroommelk
3 ekstragroot eiers
250ml (1 k) ligte bruinsuiker
166 ml (2/3 k) olie
5 ml (1 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) volkoringmeel
375 ml (1 ½ k) semels
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) gemengde speserye
5 ml (1 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) sout
10 ml (2 t) koeksoda
250 ml (1 k) sultanas
100 g (1 pakkie) pekanneute, grof gekap
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Verhit rooibosteesakkies en melk tot kookpunt en laat eenkant om af te koel. Laatrooibos teesakkies in melk afkoel.
2 Klits eiers tot liggeel. Voeg bruinsuiker, olie en vanieljegeursel by en klits vir nog twee minute.
3 Roer volkoringmeel en semels by eiermengsel.
4 Sif koekmeel, speserye, kaneel, sout en koeksoda saam. Gooi sultanas en pekanneute by gesifte meelmengsel.
5 Haal rooibosteesakkies uit melk. Roer gesifte meelmengsel en melk beurtelings by beslag. Roer tot gemeng.
6 Skep muffinbeslag in muffinpannetjies wat met papiertjies uitgevoer is of met kossproei gespuit is.
7 Bak vir 15 tot 18 minute of tot toetspen skoon uitkom.
8 Laat afkoel en bêre in lugdigte houer.