Beskuit en boeretroos is net die ding vir die vroeë oggend. Probeer hierdie resep
• ongeveer 60 beskuite
Bestanddele
750 ml (3 k) muesli
500 ml (2 k) semels
125 ml (½ k) sonneblomsaad
125 ml (½ k) lynsaad (flaxseed)
250 ml (1 k) amandels, grofgekap
125 ml (½ k) pekanneute, grofgekap
187 ml (¾ k) klapper
125 ml (½ k) sultanas
125 ml (½ k) rosyntjies
500 ml (2 k) ligte bruinsuiker
2 appels, geskil en grofgerasper
1 kg (8 k) volgraankoekmeel
45 ml (3 e) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
3 ekstragroot eiers
1 liter (4 k) Griekse jogurt
500 g (1 blok) botter
• Stel oond op 180 °C.
Metode
1 Meng muesli, semels, sonneblomsaad, lynsaad, amandels, pekanneute, klapper, sultanas, rosyntjies, bruinsuiker, gerasperde appel, koekmeel, bakpoeier en sout.
2 Klits eiers en roer by jogurt.
3 Smelt botter, laat effens afkoel en roer by jogurtmengsel.
4 Meng jogurtmengsel en meelmengsel.
5 Skep in twee plat beskuitpanne van ongeveer 35 cm x 45 cm.
6 Bak vir 45–60 minute tot gaar. As beskuit te donker begin bak, kan jy foelie bo-oor vou.
7 Laat beskuit bietjie afkoel en gebruik beskuitdrukker wat saam met beskuitpan kom om aparte stukke te vorm.
8 Pak beskuit op bakplate en laat vir vyf tot ses uur teen 70 °C uitdroog.
9 Maak oonddeur bietjie oop en laat beskuit in oond tot heeltemal afgekoel.
10 Berg in lugdigte houers.