Maak ‘n heerlik verfrissende mengeldrankie met sjerrie en gemmerlim of lemonade.
In vandag se besige lewe waar almal blindelings voortsnel, word saans gewoonlik uitgesit vir ’n gesellige skemerkelkie by jou gunsterling kuierplek. Daar is egter ’n moeitevrye, verfrissende en heerlike mengeldrankie wat mens sommer self tuis kan maak deur Sedgwick’s Original Old Brown met òf gemmerlim òf limonade (hooffoto) te meng.
Hierdie ongelooflik gerieflike kombinasie met enigeen van die twee drankies bring die neutagtige en ryk smaak van Sedgwick’s heerlik na vore.
Sedgwick’s se gewilde gefortifiseerde wyn het in 1916 die eerste keer die lig gesien en word in die klassieke Spaanse Oloroso-styl gemaak.
Resep
Sedgwicks Gemmerlim-mengeldrankie.
Voeg eenvoudig ’n skeut Sedgwick’s Original Old Brown by 200 ml gemmerlim of limonade en heelwat ys. Dis die ideale drankie vir ’n laatmiddag-kuier, vleisbraai of wanneer jy kampeer.
* Sedgwick’s Original Old Brown is landwyd beskikbaar en kos sowat R28 per 750ml-bottel.