4 tot 6 porsies
Bestanddele
500 g (1 pakkie) botterskorsie, in blokkies gesny
30 ml (2 e) heuning
2,5 ml (½ t) droë roosmaryn
2,5 ml (½ t) droë tiemie
knypie neutmuskaat
Vir die risotto
1,5 liter (6 k) hoenderaftreksel
60 ml (4 e) botter
1 ui, fyngekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
625 ml (2 ½ k) arboriorys
250 ml (1 k) witwyn
1 ml sout
swartpeper na smaak
60 ml (4 e) fyn gerasperde parmesaankaas
187 ml (¾ k) room
3 grasuie, gekap
2 fetakaassirkels, gekrummel
Metode
Stel oond op 160 °C
1 Stoom botterskorsie in vergiettes oor kastrol wat halfvol met water gevul is tot sag, ongeveer 20 minute.
2 Giet oorblywende bestanddele oor botterskorsie. Roer deur en hou eenkant.
3 Risotto Maak aftreksel aan en hou dit warm terwyl jy met risotto begin.
4 Smelt botter in kastrol en soteer ui en knoffel daarin tot ui sag is. Kastrol moet in oond geplaas kan word om te kan bak.
5 Voeg rys by en roer tot goed met botter bedek.
6 Voeg witwyn by en laat prut tot wyn amper weggekook het.
7 Voeg al die aftreksel by. Bedek kastrol met deksel of foelie en bak vir 25 minute.
8 Maak risotto oop en roer sout, peper, parmesaankaas, room, grasuie en botterskorsie by.
9 Maak weer met deksel of foelie toe en bak nog 20 minute. Maak seker al die vloeistof is geabsorbeer.
10 Sprinkel feta oor en sit dadelik voor.