Dié resep maak ongeveer 750 ml konfyt.
Bestanddele
2 kg pruime, ontpit en in kwarte gesny (behou skil)
500 ml (2 k) water
2 kg suiker
knypie droë gemmer
knypie fyn kaneel
10 ml (2 t) suurlemoensap
500 ml (2 k) water
2 kg suiker
knypie droë gemmer
knypie fyn kaneel
10 ml (2 t) suurlemoensap
Metode
1 Sit pruime en pitte in kastrol en voeg water daarby.
2 Kook oor lae hitte tot skille sag is, ongeveer 20 minute.
3 Skep pitte uit. Roer suiker by. Kook ongeveer 15 minute totdat suiker opgelos is. Roer gereeld sodat suiker kan oplos.
4 Roer gemmer, kaneel en suurlemoensap by. Kook nog 60 minute oor lae hitte.
5 Drup van konfyt op koue piering of op metaalgedeelte van wasbak. Sodra konfyt ‘n balletjie vorm, is dit reg.
6 Skep skuim wat op konfyt gevorm het met gaatjieslepel af.
7 Skep in skoon, gesteriliseerde glasbottels.