10 Porsies
Bestanddele
Avokadolaag
4 avokado’s, ontpit en fyngedruk
5 ml (1 t) suurlemoensap
250 ml (1 k) suurroom
swartpeper na smaak
1 ml sout
3 ml gelatien
20 ml (4 t) water
250 g (1 bakkie) vetvrye maaskaas
1 fetakaassirkel, gekrummel
15 ml (1 e) koljanderpesto
sout en peper na smaak
bietjie olie
6 hoenderborsies, in repies gesny
60 ml (4 e) soetrissiesous
45 ml (3 e) sojasous
10 ml (2 t) vars gemmer, gerasper
2 ml knoffelsout
30 ml (2 e) olie
20 ml (4 t) heuning
swartpeper na smaak
Metode
1 Avokadolaag Meng avokado, suurlemoensap, suurroom, sout en peper.
2 Sprinkel gelatien oor water. Laat staan tot gespons, ongeveer vier minute.
3 Verhit gelatien vir paar sekondes in mikrogolf. Dit moenie borrel nie.
4 Roer by avokadomengsel. Verdeel avokadomengsel tussen 10 glashouertjies. Plaas in yskas. Gelatien help net om avokadomengsel bietjie te stol, nie heeltemal nie.
5 Feta-en-koljanderlaag Meng alles bymekaar tot goed gemeng.
6 Verdeel tussen houertjies met avolaag. Plaas weer terug in yskas.
7 Thaise hoenderrepies Verhit bietjie olie in braaipan en soteer hoenderrepies tot goudbruin.
8 Voeg oorblywende bestanddele by en roerbraai vir nog drie minute.
9 Laat afkoel en skep bo-op feta-en-koljanderlaag. Doen hierdie stap net voor opdiening.
10 Garnering Sprinkel mikroblaartjies bo-oor indien verkies.