24 blokkies
Bestanddele
350 g botter
750 ml (3 k) Muscavado-bruinsuiker
3 ekstragroot eiers
500 g (4 k) bruismeel
250 ml (1 k) kakao
1 ml sout
100 g (1 plak) bruinsjokolade, grofgekap
3 Vyf Rose African Black-teesakkies
15 ml (1 e) vanieljegeursel
187 ml (¾ k) African Black-tee aangemaak en afgekoel

Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Plaas botter in groot genoeg mengbak. Verhit botter in mikrogolf tot sag vir paar sekondes. Botter moenie loop nie, maar sag wees.
2 Room botter en suiker met elektriese klitser tot pofferig, ongeveer drie minute. Voeg eiers by en klits tot goed gemeng.
3 Meng bruismeel, kakao, sout en sjokolade bymekaar.
4 Skeur die drie teesakkies oop en voeg inhoud by meelmengsel en roer weer tot goed gemeng.
5 Roer vanieljegeursel by afgekoelde teemengsel.
6 Meng meelmengsel en teemengsel beurtelings by bottermengsel tot ‘n deeg.
7 Voer oondbak van 34 X 24 cm groot met bakpapier uit. Spuit goed met kossproei.
8 Skep deeg in oondbak en bak vir 35 minute tot gaar. Onthou bruintjies bak nie tot droog nie. Dit bly half klammerig in middel.
9 Laat bruintjies afkoel. Sny in blokke. Eet dit net so of sit dit saam met roomys vir nagereg voor.