Die gewilde sanger Ray Dylan sê hy is gek na kos maak en onthaal. Hy deel sy resep vir ’n filet met ons
4 tot 6 porsies
Bestanddele
60 ml (4 e) suurlemoensap
60 ml (4 e) olyfolie
1 kg beesfilet sout na smaak speserye na smaak
300 g mozzarellakaas, in skywe gesny
KNOFFEL-EN-PEPER-SOUS
187 ml (¾ k) volroommelk
250 ml (1 k) room
38 g (1 pakkie) Creamy Garlic-sous van Knorr
38 g (1 pakkie) Black Pepper-sous van Knorr
LEES OOK: Filet in foelie
Metode
- Meng suurlemoensap en olyfolie saam in glasbak.
- Plaas filet daarin en marineer vir 20 minute.
- Plaas filet op rooster oor warm kole en verf gereeld met oorblywende suurlemoen-en-olie-mengsel.
- Geur na smaak met sout en speserye.
- Knoffel-en-peper-sous Verhit melk en room saam in kastrol tot warm.
- Voeg souspoeier by en roer vinnig met ballonklitser sodat dit nie klonte vorm nie.
- Laat vir 1 minuut prut en verwyder van stoofplaat. Bedek en hou eenkant tot filet gaar is.
- Wanneer filet halfpad gaar is, plaas mozzarellakaas op en laat smelt.
- Verwyder van vuur en sit warm voor saam met knoffel-en-peper-sous, asook bykosse soos verkies.