Hierdie randrekker-ete is goedkoop en maklik!
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, in agtstes gesny
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) fyn koljander
5 ml (1 t) fyn komyn
2,5 ml (½ t) fyn paprika
knypie rooirissievlokkies
200 g (1 pak) babaspinasie
8 20 g (2 blikkies) bone in tamatiesous
250 ml (1 k) room
3 75 g (1 pak) gerookte Russiese kaasworsies, gleufies ingesny
2 50 ml (1 k) gerasperde kaas
60 ml (¼ k) broodkrummels
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Verhit olie en braai ui tot sag.
- Voeg knoffel en geurmiddels by en braai om geure vry te stel.
- Roer spinasie by en sit deksel op dat spinasie kan gaar stoom.
- Roer bone en room by. Geur met sout en peper.
- Skep in oondbak en pak worsies in mengsel. Sprinkel met kaas en broodkrummels.
- Bak vir 20–30 minute of tot borrelend en goudbruin boop.