Maak dié lekker pynappel-en-grenadella-konfyt vir jou flessies
4 porsies
BESTANDDELE
1 kg (ongeveer 4 pynappels), geskil en in stukke gesny
230 g (2 blikke) grenadellapulp
1 kg suiker
125 ml (½ k) suurlemoensap
METODE
1 Sit pynappelstukke in voedselverwerker en verpulp tot glad.
2 Gooi pynappelpulp, grenadellapulp, suiker, en suurlemoensap in groot kastrol.
3 Roer terwyl dit stadig verhit. Sodra suiker gesmelt is, kan dit begin kook.
4 Kook konfyt tot op 104 ˚C of tot dik.
5 Gooi warm konfyt in gesteriliseerde bottels.
WENK
Steriliseer bottels deur dit vir ’n paar minute in kookwater te laat lê. Gooi warm konfyt in warm bottels en draai styf toe
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.