Ham-en-kaas-krokette.
6 porsies
Bestanddele
KROKETTE
60 ml (4 e) botter
60 ml (4 e) koekmeel
250 ml (1 k) warm melk
375 ml (1½ k) mozzarella, gerasper
12 velletjies ham, fyngekap
sout en peper na smaak
OMHULSEL
125 ml (½ k) koekmeel
2 eiers, geklits
250 ml (1 k) droë broodkrummels
½ bottel olie vir vlakvetbraai
Metode
1 Krokette Smelt botter en roer koekmeel daarby tot gemeng. Verwyder van hitte.
2 Voeg warm melk stadig by en roer tot glad en sonder klonte.
3 Plaas mengsel terug op stoofplaat en kook tot dik, ongeveer 5 min.
4 Roer mozzarella en ham by.
5 Geur na smaak met sout en peper.
6 Plaas mengsel in yskas vir 2 uur. Vorm in ses ewe groot balletjies.
7 Omhulsel Rol balletjies in koekmeel, dan in eier en dan in broodkrummels.
8 Verhit genoeg olie in braaipan.
9 Braai balletjies aan albei kante tot goudbruin en gaar. Sit warm voor.