Bedien: 2
Voorbereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
Bestanddele
2 groot portabello- of groot wilde sampioene (party mense noem dit veldsampioene)
15 ml/1 e olyfolie
½ knoffelhuisie, fyngedruk
sout en varsgemaalde swartpeper
2 korserige ciabattarolletjies
bros blaarslaai
gesnyde tamaties
gesnyde komkommer
humus vir opdiening
1½ koppie oondtjips of aartappels
Metode
1. Berei die oondtjips, volgens die instruksies, in die oond.
2. Sit die sampioene in ’n vlak bak, voeg die olie, knoffel en smaakmiddels by en skud versigtig tot die sampioene eweredig bedek is. Laat marineer vir ten minste 10 minute.
3. Braai die sampioene vir 8-10 minute oor warm braaikole of in ’n riffelpan – draai een keer om – tot bruin aan albei kante en sag wanneer met ’n vurk getoets word. Skuif oor op ’n bord, kieukant na onder en laat rus vir 5 minute.
4. Rooster die ciabattarolletjies in die oond. Vul met die blaarslaai, tamaties en komkommer, en stapel die sampioene bo-op. Heerlik met humus bo-oor geskep. Verdeel die tjips in twee porsies en bedien.
Voedingswaarde per porsie
kJ= 1983
Proteïene = 12.5
Versadigde vette= 15.2
Koolhidrate= 62.1
Vesel= 8.9