Poffertjies word tradisioneel soet bedien, maar hierdie heerlike skelvisvulsel van my ma deel ek graag met julle
Deur: Mareli Visser
Maak 18
DEEG
100 g botter
180 ml (¾ k) water
60 ml (¼ k) melk
250 ml (1 k) koekmeel
1,25 ml (¼ t) sout
3 groot eiers
1 eiergeel
VULSEL
250 g skelvis (haddock)
375 ml (1½ k) melk
30 ml (2 e) botter|
125 ml (½ k) melk
80 ml (1/3 k) koekmeel
2,5 ml (½ t) growwe swartpeper
125 ml (½ k) gerasperde kaas
15 ml (1 e) pietersielie, grofgekap
Maak ook hierdie lekker viskoekies
Metode
Verhit oond tot 200°C en voer bakplaat met waspapier uit.
- Deeg Bring botter, water en melk tot kookpunt.
- Terwyl dit kook, roer meel en sout by totdat deeg van kant van pot loskom en roer vir verdere drie minute tot gaar.
- Plaas warm mengsel in voedselverwerker op medium spoed en gooi dan eiers een vir een by. Meng vir twee minute.
- Skep mengsel in spuitsak en druk poffertjies op bakplaat.
- Bak vir tien minute by 200 °C. Maak oonddeur oop dat stoom ontsnap. Maak oonddeur weer toe en bak vir verdere tien minute by 180 °C.
- Haal uit oond en sny poffertjies dadelik met skerp mes oop sodat stoom kan ontsnap.
- Vulsel Kook skelvis vir vyf minute in melk totdat skelvis gaar is.
- Haal skelvis uit melk en laat afkoel. Verwyder vel en enige donker dele en vlok dit fyn met vurk.
- Gooi botter by melk waarin skelvis gekook was en smelt oor lae hitte.
- Meng melk en meel tot glad en voeg by kokende melk-en-bottermengsel. Roer aanhoudend totdat mengsel begin prut.
- Voeg gevlokte skelvis, peper, kaas en pietersielie by kokende mengsel en roer vir drie minute.
- Verwyder kastrol van stoof en laat afkoel.
- Skep vulsel in versiersak en spuit poffertjies vol.