Platbrode is vinnig en maklik om te maak. Dit maak dit ‘n ideale dis vir gaste in jou besige lewe.
Jackie Olivier, globale bemarkingsbestuurder van Two Oceans vertel ook: “Hierdie platbrode is ideaal vir langs die swembad of terwyl daar sport op TV gekyk word. Geniet net so of met doopsouse gemaak van gerookte vis, kaas, olywe of avokado. Dié platbroodresep is deur Nadin Pospech van Top Nosh Specialty Caterers voorsien. Geniet dit saam met jou gunstelingwyn uit die Two Oceans-kelder.
Bestanddele
25 g gesoute botter
250 g meelblom
2.5 g tafelsout
125 ml water
Geklaarde botter vir bo-op brood
Growwe sout
Geur van jou keuse (bv papawersaad of sumakgegeurde dukkah)
Metode
1 Voorverhit oond tot 180 °C
2 Smelt botter. Meng meel en sout en voeg gesmelte botter en water by. Meng deeglik met elektriese menger om klewerige deeg te kry. Bedek met plastiek en los in yskas vir twee ure.
3 Rol klein stukkies deeg, een op ’n slag, deur pastamasjien tot baie dun. Sny in verlangde vorm en plaas op bakpan.
4 Smeer met geklaarde botter, besprinkel met growwe sout en verlangde geursel (bv papawersaad of sumakgegeurde dukkah).
5 Bak vir 8 tot 10 minute tot bros.