Met plaatkoekies sal jy nooit verkeerd gaan nie. Probeer dié piesang-en-bessieplaatkoekies
Piesang-en-bessieplaatkoekies
4 porsies
BESTANDDELE
125 ml (½ k) hawermout
1 piesang
2 eiers
60 ml (¼ k) room
5 ml (1 t) vanieljegeursel
’n knypie fyn kaneel
60 ml (¼ k) bloubessies
METODE
1 Maak hawermout baie fyn in voedselverwerker.
2 Druk piesang fyn en meng hawermout en eiers daarby.
3 Gooi room, vanieljegeursel en kaneel by en klits goed.
4 Smelt bietjie botter in pan en skep eetlepels vol van mengsel in.
5 Druk bessies in rou deeg en draai plaatkoekie om wanneer daar borrels begin vorm.
6 Sit met stroop en ekstra bessies en piesang voor.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.