Bederf jou geliefde hierdie Valentynsdag met hartjie-plaatkoekies
maak ongeveer 20 plaatkoekies
2 ekstragroot eiers
125 ml (½ k) suiker
250 ml (1 k) volroommelk
30 ml (2 e) olie
500 ml (2 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
botter vir braai
- Klits eiers en suiker vir drie minute met elektriese klitser.
- Meng melk en olie. Voeg helfte van melkmengsel by eiermengsel en roer goed.
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Meng by eiermengsel tot klontvry.
- Voeg oorblywende melk by en roer weer tot gladde mengsel.
- Vul groot spuitsak met plaatkoekiemengsel.
- Smelt botter in braaipan en spuit hartjievorm vol met plaatkoekiemengsel.
- Bak plaatkoekies tot lugblasies vorm. Draai plaatkoekie om en bak ander kant tot goudbruin.
- Sit saam met gouestroop of soos verkies voor.