Kombineer twee gunstelinge in een – pizza en wafels!
4 porsies
BESTANDDELE
12 snye witbrood
60 ml (¼ k) sagte botter
160 ml (2/3 k) tamatiepesto
500 ml (2 k) mozzarellakaas, gerasper
80 g salamiskywe
10 ml (2 t) gedroogde origanum
METODE
Skakel wafelmasjien aan om warm te word.
1 Smeer elke sny brood met botter, draai sny om.
2 Smeer tamatiepesto op kant sonder botter.
3 Verdeel kaas en salami eweredig op elke sny. Sprinkel met origanum.
4 Maak broodjie toe en sit in wafelmasjien. Bak tot goudbruin en bros.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.